Watter regstelsel, Zapiro?

Deel op

ImageDie herrie rondom Zapiro se spotprent van Zuma wat regstaan om die regstelsel te verkrag is interessant aangesien dit 'n illustrasie van pro-Xhosa en anti-Zoeloe Britse disinformasie verteenwoordig.

Deel op
Die gekrenkte melodrama wat die voorstelling omgeef maak dit klaarblyklik moeilik vir sommiges om die opsetlik verkeerde voorstelling te oorweeg te oordeel aan die talle Facebook- en blokinskrywings om Zapiro te ondersteun.

Die onjuiste voorstelling lyk min of meer só:

Zuma het 'n HIV-positiewe vrou, byna nakend, in sy kamer onthaal wat 'n babaoliemasseering versoek het.

Daarna beweer sy sy is verkrag en lê 'n klag teen hom.

Die steeds funksionerende regstelsel – neem ons aan want dit was vóór Hlope – bevind Zuma onskuldig.

Nietemin stel Zapiro Zuma as 'n verkragter voor, kennelik 'n manier om die uitspraak in die guns van die ANC-president belaglik voor te stel.

Die feit is dat kinderverkragting, 'n erger misdaad, met 400% toegeneem het sedert Mbeki aan bewind gekom het.

Zuma kan duidelik nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie.

Maar die koppeling, danksy Zapiro, is gemaak.

Benzi Ka-Soko segsman vir die Polisie se Burgerregte-unie het intussen vir Zapiro uitgedaag om iets te teken wat wit grondbesit ten koste van swartes uitspel. Ek kan die man verseker dat organisasies soos PLAAS, Programme for Land and Agrarian Studies, dit reeds met ywer aangepak het, al is dit nie met behulp van spotprente nie. Met befondsing van die Ford Foundation en Atlantic Philantropies is PLAAS tewens besig om voedselproduksie in Suid-Afrika in gevaar te stel deur klein, onwinsgewende lappies grond te wil sien realiseer.

Oxfam en die Britse Overseas Development Institute skakel ook met PLAAS.

Terwyl 80% van News24 se lesers dink Zapiro se spotprent is in die kol, het 13% gedink dit gaan te ver. Nie juis denkende mense, die lesers van News24 nie…

детектор лжи проверить себяtopcargo отзывы сотрудников

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.