Winnie lek glo inligting oor wapentransaksie

Deel op

Die Kaapstadse burgemeester, Patricia de Lille, het haar gedistansieer van ‘n verklaring dat die ANC-veteraan, Winnie Madikizela-Mandela, inligting laat uitlek het.

Madikizela-Mandela was glo een van verskeie Parlementslede wat inligting oor die 1999 wapentransaksie gelek het.

Die inligting was vervat in die sogenaamde De Lille-dossier. Die vraag voor die kommissie het gehandel oor wie die dossier help opstel het.

‘n Teenstander van die wapentransaksie, Terry Crawford-Browne, het vroeër aan die Seritikommissie van Ondersoek gesê Madikizela-Mandela het getuienis oor moontlike bedrog en korrupsie met die wapentransaksie laat uitlek.

Crawford-Browne het gevra om die name aan Regter Seriti vertroulik te oorhandig, maar die regter het daarop aangedring dat hy die name in die openbaar noem. “Ek wil hê dat jy die name in die openbaar gee.”

De Lille sê sy het Crawford-Browne nooit vertel dat Madikizela-Mandela aan haar dokumente oorhandig het nie. Maar De Lille wou nie verdere vrae beantwoord oor of sy Madikizela-Mandela wel in die dossier noem nie.

De Lille was destyds ‘n Parlementslid van die PAC. De Lille het haar van verklarings deur Crawford-Browne gedistansieer.

Hy het vroeër aan die kommissie gesê inligting in die sogenaamde ” De Lille-dossier” is versamel deur intelligensie-agente van die ANC wat met LP’s saamgewerk het.

De Lille het vroeër vanjaar voor die kommissie getuig en haar dossier as getuienis ingedien.

Madikizela-Mandela wou nie navrae beantwoord nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.