Ma glo kind is byna ontvoer

Deel op

‘n Ma van Kemptonpark glo haar dogter kon dalk voor ‘n laerskool ontvoer gewees het, het sy ‘n minuut later opgedaag.

Natanya Gerber het laas Donderdag gesien hoe ‘n wit Nissan-bakkie verdag langs haar dogter buite Laerskool Birchleigh gestop het.

Sy was op pad om haar kinders by die skool op te tel toe sy die bakkie voor haar opgemerk het.

Sy het gesê dat haar dogter alleen vir haar na skool buite die skool gewag het. Die bakkie het stadig voor Gerber gery en langs haar dogter gestop. Sy het dit gesien en vinniger begin ry.

Sy het vir die bestuurder toeter geblaas en dié het weggejaag. Die bakkie het in Olienhoutlaan omgedraai en weggery.

Gerber het gesê dat daar net een man in die motor was.

Dit is nie seker wat die man se bedoeling was nie, maar Gerber het gesê dat dit net nie reg gelyk het nie.

“Dank die Vader sy is ongedeerd, want as ek net ‘n minuut later opgedaag het, was my kind weg,” het sy gesê.

Die skoolhoof is in kennis gestel en die leerders sal gewaarsku word.

Gerber vra alle ouers om versigtig te wees en hul kinders oor moontlike gevare in te lig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.