Ondersoek na EFF-wangedrag gaan voort

Deel op

Die Parlement se Komitee oor Bevoegdhede en Voorregte sal vandag voortgaan met sy ondersoek na die wangedrag van 20 Parlementslede van die Ekonomiese Vryheidsvegters.

Die LP’s sal nie teenwoordig wees nie, nadat hulle Dinsdag uitgestap het, het RSG berig.

Die EFF-leier, Julius Malema, het die geloofwaardigheid van die komitee bevraagteken en gevra het dat alle aanklagte teen hulle laat vaar word.

Sy verklaring volg nadat 19 van die LP’s die aanklagte teen hulle aanvaar het. Een van die parlementslede,

Magdalene Munsamy, het verskoning gemaak dat sy nie die verrigtinge kan bywoon nie.

Weens die afwesigheid van die LP’s van die EFF, het die voorsitter van die komitee, Lemias Mashile, ‘n pleit van onskuldig namens hulle aangeteken.

Die komitee het ook die video-materiaal van die verrigtinge in die Nasionale Vergadering op 21 Augustus besigtig, wat deel van die getuienis sal vorm.

Die komitee sal vandag begin om getuienis te lei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.