Europa kan nog ebola-gevalle kry

Deel op

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gister gewaarsku Europa kan ongetwyfeld nog gevalle van ebola kan verwag nadat ’n Spaanse verpleegster die eerste persoon geword het wat Ebola buite Afrika opgedoen het.

Daar is wêreldwyd groot kommer dat Ebola kan versprei buite die grense van Wes-Afrika, waar meer as 3 400 reeds vanjaar dood is, het Reuters berig.

Spaanse amptenare het die publiek gerusgestel dat hulle die bedreiging onder beheer het, en gesondheidskenners meen die kans op ’n uitbreking buite Afrika is baie skraal.

Rafael Perez-Santamaria, hoof van die Carlos III-hospitaal waar die verpleegster twee sendelinge behandel het wat die virus in Wes-Afrika opgedoen het, het gesê hulle pas hul protokol aan. Vier mense is vir waarneming opgeneem.

Hoewel Europese hospitale meestal die geriewe het om ’n pa­siënt met die virus genoegsaam te isoleer, het die direkteur van die WGO in Europa, Zsuzsanna Jakab, gesê dit is “onafwendbaar . . . dat so iets weer gaan gebeur omdat so baie mense na en van die geaffekteerde gebiede reis”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.