Marrokkaanse diplomaat vermoor

Deel op

Die onnatuurlike dood van ‘n diplomaat van die Marokkaanse konsulaat in Pretoria word ondersoek.

Sy kollegas het hom dood aangetref in ‘n plas bloed. Hy het nie vir werk opgedaag nie en onraad is vermoed.

Die polisie sê Fatmi Noureddine se kollegas het na hom gaan soek in die gastehuis waar hy tuisgegaan het in Monumentpark.

Die diplomaat het nie sy gesin saamgebring na Suid-Afrika nie.

‘n Nuusbron uit Noord-Afrika het berig dat Nourreddine in ‘n sluipmoord vermoor is.

Sy foon was ook afgeskakel. ‘n Selfoon word vermis, maar dit is nie bekend of enige geld geroof is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.