Rasse-oorlog dreig in Johannesburg oor huise

Deel op

Die onluste wat Newclare sedert Maandag teister, is ‘n rasse-oorlog in die kleine tussen swartes en bruines.

Inwoners is al vir jare in mekaar se hare. “Die regering bou huise wat vir ons [swartes] bestem is en dan voor die huise klaar is, besluit die bruines om in te beweeg en neem die plek vir hulself,” kla ‘n swart inwoner.

Bruines kla weer dat die meeste van die huise gebou word vir swart mense. “Ons wil hê dat hierdie huise voltooi word en dat die onwettige kleurlinge wat daar bly moet uittrek,” het ‘n swart inwoners egter gekla.

“Die ANC wil hê dat ons vir hulle moet stem maar hulle doen nie enigiets vir ons nie,” het ‘n ontstoke bruin inwoner gesê wat anoniem wou bly.

Paul Kruger, ‘n bruinman wat een van die huise beset, sê die wedywering is reeds vir meer as vier jaar aan die gang.

“Die regering sê al jare lank hulle is besig om die behuising aan te spreek, maar niks gebeur nie en ons het besluit om in te beweeg en die huise wat hulle begin bou het reg te maak vir onsself. Maar daarom is die swartes nie gelukkig nie en hulle beweer ons het hulle huise gevat, wat nie waar is nie,” sê Kruger.

“My baba is bedreig … die swartes en ons [bruines] is in ‘n wedywering, as gevolg van hierdie ding. Hulle het geen reg om te kom en te sê ons het hulle huise gevat nie, omdat ons gewerk het en die plekke self reggemaak het, seker gemaak het daar is water,” het hy bygevoeg.

Volgens Kruger, is die huise bedoel vir kleurlinge. “Ek is nie van die Oos-Kaap nie, Ek is hier gebore … die rede waarom ek ingetrek het in die huis, is omdat ek nie ‘n plek gehad het om te bly nie… nou nadat ek klaar gebou is, kom hulle en sê dit is hulle huise …” sê hy.

Daniela Thompson, nog ‘n bewoner van een van die huise, sê sy sal nie uittrek nie. “Ek moes basies die plek bou, dit regmaak, lopende water aanlê en dit leefbaar maak. Niemand kan dan kom en my vertel om te trek nie. Die swartes is mal,” het sy gesê.

Wyk 82 se raadslid sê daar is drie lyste en niemand weet wie veronderstel is om watter huis te kry nie, maar die onwettige inwoners gaan glo binnekort uitgesmyt word.

Sophiatown-polisiestasie se woordvoerder sê die polisie moes die woedende skare met rubberkoeëls verwilder, maar daarna het die betogers verskuif na Claremont, nog ‘n bruin area.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.