Polisie ontplooi in Johannesburgse gebiede na oproer

Deel op

Verskeie paaie is Maandag in Ennerdale, Johannesburg gesluit vanweë protesoptrede.

Die polisie moes inderhaas in die gebied ontplooi word nadat rassisme opgevlam het het oor die toewysing van behuising.

Provincial- en James-weg is was vir die grootste deel van die dag gesluit. Motoriste is aangeraai om Lenasia-rylaan as alternatief te gebruik.

Na wat berig word hou die oproer met die behuisingskwessie verband.

Verskeie paaie is ook in Westbury in die stad gesluit nadat oproer in die gebied uitgebreek het en die polisie ontplooi moes word.

‘n Veiligheidswag het ‘n oproermaker doodgeskiet nadat die skare gewelddadig begin raak het.

Die oproerige is vroeër by die Newclare-stasie deur die wag doodgeskiet.

Die Passasierspooragentskap, Prasa het intussen die brandstigting, vandalisme en diefstal van sy eiendom by die Newclare-stasie veroordeel.

Die groep uitvoerende hoof van Prasa, Lucky Montana sê die plundery het plaasgevind onder die dekmantel van ‘n diensleweringbetoging en het niks te doen gehad met die maatskappy nie.

Montana sê hy is onthuts dat ‘n gebou wat deur ‘n Prasa-werknemers gebruik word, na bewering in die teenwoordigheid van die polisie, aan die brand gesteek is.

Metrospoor in Gauteng het treindienste tussen Randfontein en Johannesburg tydelik opgeskort.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.