Ramaphosa, Fransman sit keel op oor uitsettings

Deel op

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het die voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap ondersteun oor sy teenkanting teen die uitsetting van plaaswerkers.

NUUT!

Ramaphosa en die voorsitter Marius Fransman, het Sondag plaasgemeenskappe besoek tydens ‘n deur-tot-deur veldtog op Mbekweni in die Paarl.

Ramaphosa het ‘n beroep gedoen op boere wat na bewering betrokke is by die uitsetting van plaaswerkers in die Boland, om dit te staak.

Hy het aan die SABC gesê dit strook nie met die rol wat boere veronderstel is om te speel nie. Hy sê boere moet die hervorming van die gemeenskap en plaaswerkers ondersteun.

Ramaphosa sê hy sal by enige proses betrokke raak om die onaanvaarbare uitsettings te keer.

Fransman het ‘n beroep gedoen op ‘n moratorium op uitsettings om die “massa-uitsetting” van plaaswerkers in die Boland te keer.

Fransman sê daar is ‘n massa-uitsettingstrategie aan die gang weens die minister se fokus op integrasie en eienaarskap tussen boere en plaaswerkers.

Hy sê ‘n moratorium moet geld hangende die uitslag van wetgewing.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.