ANC in Gauteng staan sterk teen e-tol

Deel op

Die ANC se Gautengse provinsiale konferensie het vroeër in Pretoria ten einde geloop waar die e-tolstelsel onder meer bespreek is.

Afgevaardigdes het hul teenkanting teen die huidige formaat van die stelsel uitgespreek.

Volgens die afgevaardigdes is dit te duur en behoort ‘n brandstofheffing, wat geadministreer sal word deur SAID, die Inkomstediens, dit befonds.

Die ANC in Gauteng beplan om sy teenkanting teen die e-tolstelsel aan die hersieningspaneel oor die aangeleentheid, oor te dra.

Die provinsiale sekretaris, Hope Papo sê hulle wil voorleggings aan die paneel doen wat deur die Gautengse Premier, David Makhura aangestel is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.