Lesego Daniel, die omstrede pastoor van Rabboni Ministries in Ga-Rankuwa, se lidmate het Sondag blomme geëet.
Die pastoor was voorheen in die nuus nadat hy lidmate aangemoedig het om petrol te drink en gras te eet.
Daniel het ontken dat hy ‘n luukse lewe op die rug van sy goedgelowige lidmate lei.
Hy het Sondag sy volgelinge aangemoedig om die blommeversierings op die podium te eet.
“Eet hierdie een,” het Daniel aan een van die kerkgangers gesê. Die swart vrou het haar na die blomme gehaas wat die pastoor uitgewys het, en begin kou aan die madeliefiekroon en die blare.
Ander het na die verhoog gestorm om ‘n voorsmakie van die blomme te kry. Aanvanklik het die vrou het geweier om te deel, maar Daniël het vir haar versoek om te deel met “wat die Heilige Gees doen”.
Gou-gou was die hele saal vol mense wat aan die blomme geknaag het.
“Ek maak nuus,” het Daniel aan sy gemeente gesê terwyl hulle begin stoei het oor die blomme.
Sondag het hy ook aan sy gemeente vertel dat berigte in die media wat beweer sy private lewe val uitmekaar en hy besit luukse motors en ‘n groot stuk grond, is nie waar nie en is slegs pogings om hom te diskrediteer.
“Ek betaal vir die C-klas [Mercedes], maar dit is nie eens in my naam nie.”
“Dit is God wat my bekend maak,” het hy gesê terwyl die gemeente hom toegejuig het en hande geklap het.