SADOU: Inheemse tale moet voorrang geniet

Afrikatale behoort in skole ontwikkel te word sodat hulle die medium van onderrig kan word, veral in die grondslagfase, het die onderwysunie SADOU in ‘n verklaring gesê.

Skole moet voorsien word van die menslike hulpbronne met betrekking tot onderrig in dié tale,” het die vakbond gesê.

Die kongres het gevra dat onderwyskolleges opleiding van onderwysers van inheemse tale moet prioritiseer.

Die tema van die kongres is “Die herstel van die karakter van Sadou as ‘n unie van revolusionêre professionele agente van verandering en voorstanders van die bemagtiging van mense deur opvoeding in die nastrewing van sosialisme”.

“Ons het verklaar sosialisme is die toekoms want dit waarborg volhoubare ontwikkeling en dekonstrueer die uitbuiting van een mens deur ‘n ander en sal armoede en ellende in die wêreld beëindig.”

Die kongres het ook verwys na “die toewysing van onderwysposte, waar die graad van kompleksiteit van die kurrikulum in verskillende skole oorweeg moet word”.

Afgevaardigdes was dit eens dat onderwysers in vroeëkinderontwikkeling hoogs gekwalifiseer moet wees, met relevante vaardighede in gesondheid, sosiale, sielkundige en opvoedkundige sake.

Hulle het die wenslikheid van ‘n “gestandaardiseerde kwalifikasie moet ooreengekom om eenvormige standaarde te vestig” benadruk.

Alle skole behoort ondersteuningspersoneel, terapeute en sielkundiges aan te stel om onderwysers te help met leerlinge wat in die hoofstroom sukkel.

Die kongres het gesê die Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) moet nie “misbruik word om onderwysers en skole te demoraliseer en te etiketteer as onprofessioneel nie”.

ANA-toetse bepaal leerlinge se vaardigheidsvlakke wat geletterdheid en gesyferdheid betref.

Die toetsuitslae moet nie vir publisiteit aangewend word nie, maar eerder riglyne vir die nodige ingryping verskaf, het SADOU gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.