Pa behandel nadat sitkamer afbrand

Deel op

‘n Pa van twee is Sondagaand vir rookinaseming behandel nadat sy sitkamer in Wonderboom, Pretoria aan die brand geraak het.

Volgens Frikkie Gous, woordvoerder van Lifemed-ambulansdienste, is slegs die pa op toneel behandel.

Die vrou en twee kinders, onderskeidelik 2-jaar en 10 maande oud, is nie beseer nie.

Die brand het omstreeks 19:00 uitgebreek.Gous het gesê dit is onseker hoe die brand ontstaan het. Die brand is geblus voordat dit na enige ander vertrek versprei het.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het die brand bevestig. Die brand was vinnig onder beheer gebring en daar was geen beserings nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.