Olimpiese rygoed

Deel op

Image

Mini Cooper-rieksja

Mini se bemarkingsmanne het met die briljante idee gekom om so 'n hand vol Minis op te kerf en rieksjas daarvan te maak. Hierdie was nie sommer geldmors nie; nee, dit was vir die bekendstelling van die nuwe Mini Clubman in Hong Kong. Die idee is toe voorgelê aan die Olimpiese komitee en siedaar die Olimpiese Spele in Beijing het rygoed bygekry. Hulle noem die karretjies “Rickimini's”.

 

Deel op

Nuwe Hilux

Image

Toyota Hilux

Die Hilux is al meer as 30 jaar ‘n gunsteling op plaaslike paaie. Dit is een van Toyota se mees suksesvolle reekse ooit. Met al die nuwegeslagbakkies wat uit alle oorde aanland, moes die manne van Toyota ook dan so bietjie rek en trek aan die voorkoms om die ou plooie weer mooi te kry. Wel, hier is ‘n foto van die ontrimpelde Hilux. Hy is nog nie amptelik vrygestel nie, en ons weet ook nie presies wanneer Toyota Suid-Afrika dit gaan doen nie, maar kry solank lekker want hy kom vir seker. Die veranderings is gering met die kantspieëls wat herontwerp is met ingeboude rigtingaanwysers. Die voorste buffer en sierrooster is ook aangepas en hy kry splinternuwe wiele.

Audi A6

Image

Audi A 6

Audi se A6 is die topverkoper in die besigheidsklas van motors ter wêreld. Met die koms van die nuwe motors soos die Jaguar XF en Lexus GS het die ouens by Audi dit dan ook nodig geag om die A6 so bietjie op te kikker. Audi het nou die A6 se vorm in pas gebring met dié van die nuwe A4. Aanpassings aan die enjinreeks bring ook ‘n brandstofbesparing van 15% teweeg. Dit het hulle reggekry deur direkte brandstofinspuiting met klepreëling toe te pas. Audi noem die stelsel (AVS, Audi Valvelift System). Daar word gebruik gemaak van ‘n superaanjaer en ‘n nuwe 3.0-liter V6-enjin wat 213 Kw ontwikkel. Hy haal dan ook 250 kpu sommer toe-oë. Wanneer hy in Suid Afrika beskikbaar gaan wees, is nog nie bekend nie, maar  wees maar op die uitkyk as jy in die mark vir ‘n Audi is.

ремонт принтеров brother в москвеtopcargo кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.