Hong Kong se kleurrewolusie met Hollywood-tema

Deel op

‘n Kleurrewolusie met elke keer ‘n soort van irriterende Hollywood-tema raak al lank in die tand.

In die Oekraïne was dit die Oranjerewolusie, in Georgië was dit die Roosrevolusie, in Mianmar die Saffraanrevolusie, in Libanon, die Sederrevolusie, en in Kirgizstan die Tulprevolusie.

Die jongste poging ter destabilisering van Hong Kong, is gemik op China, en heet “die Sambreelrevolusie”, die simbool van die studente se “saak”, só word ons vertel, as ‘n beskerming teen pepersproei.

Die tienerbetogers word glo deur ‘n tiener self gelei, wat die duisende mense op straat nog meer ongeloofwaardig maak.

Berigte het die betogings as “chaoties” beskryf, maar dit blyk dat dit baie goed georganiseer is.

Dit lyk dus na suiwer propaganda ontwerp om die verborge hand van beheer oor die skares te verberg. Tienduisende mense kan eenvoudig nie spontaan sonder goeie beplanning en bestaande infrastruktuur net betyds vir wanneer die VSA ‘n stok soek teen Rusland en China, skielik opdaag nie.

Die amptelike mondstuk van China se regerende Kommuniste Party sê die owerhede sal nie toegewings maak aan betogers in Hong Kong nie.

Die koerant sê die betogers sal nie in hulle doelwitte slaag nie omdat hul eise nie wettig of redelik is nie. Die Kommuniste Party het in Augustus beslis dat kandidate vir die verkiesing van Hong Kong se leier vooraf gekeur sal word.

Die betogers het intussen ingestem om samesprekings met die regering te voer, maar is nie van plan om die betogings op te skort nie.

Hulle het geëis dat die huidige leier van die stad bedank, maar hy het kort voor die spertyd vir sy bedanking verstryk het, gesê hy bly in sy pos aan maar is bereid om met die betogers samesprekings te voer.

Die Chinese minister van buitelandse sake het intussen verklaar dat die VSA moet ophou inmeng in soewereine lande.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.