DA wil Eskom-wanbetalers in Vrystaat help

Deel op

Die DA in die Vrystaat gaan ‘n regsmening inwin om te voorkom dat kragtoevoer na drie munisipailiteite in die provinsie afgesny word.

Dit volg nadat Eskom gewaarsku het dat die krag na die Ngwathe, Dihlabeng en Maluti-a-Phofung munisipaliteite teen 12-uur vanmiddag afgesny word as R736 miljoen in agterstallige skuld nie betaal is nie, het RSG berig.

Dit sluit dorpe soos Parys, Betlehem, Clarens, Harrismith en Heilbron in.

‘n Woordvoerder van Eskom, Anthony Scott sê die munisipaliteite het geen reëlings vir die volgende ses tot 18 maande getref nie en kan ook nie hulle huidige rekeninge betaal nie.

Scott sê die afsny van die kragtoevoer is die laaste uitweg, nadat dit reeds tot 31 Augustus en daarna tot 30 September uitgestel is.

Verskeie samesprekings is ook met die provinsiale regering gevoer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.