Dis nou volstoom vorentoe vir rassevoorkeure by SA Polisie, sê kommissaris

Deel op

Die nasionale polisiekommissaris, Ria Phiyega, het haar vreugde uitgespreek oor die onlangse oorwinning in die hof oor die klaagster Renate Barnard en sê dat die hof die “noodsaak vir regstellende aksie” en rassevoorkeure bevestig het.

“Ons besef die belangrikheid van die Barnard-saak,” sê Phiyega. “Ons was die toetssaak om te veg vir die ruimte om met regstellende aksie in dié land voort te gaan. Dis ‘n baie veelseggende bevinding dat regstellende aksie wettig en nodig is.”

Riah Phiyega
Riah Phiyega

Die Grondwethof het bevind dat die polisie nie onbillik opgetree het deur Renate Barnard op grond van haar ras bevordering te weier nie.

Barnard voer reeds nege jaar lank ‘n hofstryd omdat sy twee keer vir promosie oorgesien is omdat sy blank is.

Volgens Phiyega het die Grondwethof nou regstellende aksie “in beton gegiet” sover dit die land se toekoms betref en gaan die polisie “volstoom vorentoe” om die diens demografies verteenwoordigend te maak met slegs ‘n klein persentasie blankes wat mag oorbly.

Verlede maand het Renate Barnard haar teleurstelling met die uitspraak uitgespreek. Sy het intussen ook uit die polisie bedank en sal voortaan in die privaat sektor werk.

Die Grondwethof het ‘n vroeëre uitspraak van die Appèlhof in Barnard se guns tersyde gestel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.