Amerikaanse kameraman in Liberië het ook Ebola

Deel op

‘n Amerikaanse vryskutkameraman wat namens NBC-nuus die Ebola-uitbraak in Liberië dek, het positief vir die virus getoets en sal terug na die Verenigde State gevlieg word vir behandeling.Die hoof van NBC-nuus, Deborah Turness, het gister gesê dat die res van die NBC-nuusspan, waaronder die mediese korrespondent dr. Nancy Snyderman insgelyks terug na die VS gevlag sal word en vir 21 dae onder kwarantyn geplaas sal word “in ‘n gebaar van uiterste versigtigheid”.

Die kameraman werk reeds drie jaar lank in Liberië en dek onder andere die Ebola-epidemie. Hy het Dinsdag begin om videomateriaal vir die TV-netwerk te skiet.

Teen Woensdag het hy egter moeg en lyfseer begin voel en ontdek dat hy ‘n effense koors onder lede het. Donderdag het hy na ‘n behandelingsentrum gegaan om getoets te word.

Volgens Turness vertoon geen ander NBC-werknemers enige simptome of tekens van Ebolabesmetting nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.