United Airlines het honderde passasiers wat in kontak was met ‘n Ebola-pasiënt gewaarsku.
Bekommerde ouers het hul kinders uit ‘n skool gehaal in Dallas nadat hulle agtergekom het vyf leerlinge het kontak met die pasiënt gehad.
Thomas Eric Duncan het van Liberië na Brussel gevlieg aan boord van United Airlines Vlug 951 na Washington Dulles Internasionale Lughawe voordat hy na Dallas vetrek het.
Van Dulles, het hy met vlug-822 na Dallas/Fort Worth gevlieg.
Amerikaanse amptenare het geweier om Duncan se vlugbesonderhede vry te stel, maar United Airlines het verkies om sy roete openbaar te maak.
Gesondheidsamptenare beweer daar is geen risiko vir Duncan se mede-passasiers van United Airlines nie.
Duncan, ‘n Liberiese burger, het in die VSA by Washington Dulles Internasionale Lughawe geland met vlug-951 op 20 September, het die lugredery vandag onthul.
Hy het op 19 September van Monrovia, Liberië, gevlieg na Brussel. Van Brussel, het hy ‘n United Airlines-vlug na die VSA geneem.
Dit wys net hoe vinnig die siekte kan versprei as besmette pasiënte nie gestop word by die grens nie.
Tog, sê openbare gesondheidsamptenare die kanse op ‘n uitbraak in die Verenigde State van Amerika is laag.
Maar wanneer reisigers van Liberië, Sierra Leone of Guinee, verby ‘n paar hindernisse in hul eie lande se lughawens beweeg, is die virus uit die wegspringblokke om baie vinnig oor die hele wêreld te versprei.
Aandele van lugrederye het Woensdag in die meeste gevalle met meer as drie persent gedaal.