Geheimedienshoof bedank na sluipskutter Withuis gewapen inkom

Deel op

Die direkteur van die Amerikaanse geheimediens Julia Pierson, het bedank te midde van toenemende kritiek oor haar hantering van veiligheidsprobleem by die Withuis en bewerings van misleidende openbare verklarings.

Omar Gonzalez, ‘n oorlogsveteraan word daarvan beskuldig dat hy die Withuis op 19 September betree het sonder toestemming.

Regslui vir Gonzalez sê hy ly aan post-traumatiese stresversteuring wat hy as sluipskutter in Irak opgedoen het.

Gonzalez word met drie misdrywe belas: Onregmatige betreding, met ‘n dodelike wapen, en die besit van ammunisie sonder registrasie. Ammunisie is in sy motor gevind.

Gonzalez is met ‘n Spyderco VG10-mes aan hom gevind toe sekuriteitswagte hom teen die grond gestoei het in die Oos-Kamer van die Withuis. Hy het oor die omheining gekom en vyf lae van sekuriteit en beskerming binnegedring.

Pierson is ironies genoeg in beheer van die geheimediens geplaas in reaksie op ‘n reeks skandale, insluitend die ontdekking van ‘n dronk agent in ‘n hotel saam met die presidensiële reisgroep in Amsterdam en agente wat na bewering prostitute op ‘n besoek aan Colombia saamgenooi het na hulle hotel.

Voorheen het Pierson gewerk as hoof van personeel by die agentskap, wat toesig hou oor nuwe IT-implementering.

Pierson se lot is verseël deur misleidende verklarings waarin sy geïmpliseer het die indringer was ongewapen en het dit nie verder as die voordeur gemaak nie.

Hy was in werklikheid na bewering met ‘n mes gewapen toe hy al ‘n hele ent in die gebou was.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.