Die Palestyne het die VN Veiligheidsraad versoek om ‘n sperdatum in te stel vir Israel om uit die besette gebiede te onttrek.
Die sperdatum sal vir November 2016 wees vir Israelse magte om uit alle gebiede wat sedert 1967 deur hulle beset word, te onttrek.
‘n Voorlopige resolusie in dié verband is aan alle Veiligheidraadslede gestuur.
Die Palestyne eis dat ‘n besluit oor die status van Jerusalem as die hoofstad van twee state geneem word.
Hulle het ook gevra dat die Palestynse vlugtelinge-kwessie aandag kry.
Die Palestynse president, Mahmoud Abbas het verlede Vrydag aangekondig dat hulle ‘n versoek vir ‘n sperdatum sal indien.