Kaapse Nobel-beraad sink

Deel op

Die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille sal na verwagting aankondig dat ‘n luisterryke beraad in Kaapstad afgestel gaan word.

De Lille sal vanmiddag die aankondiging doen, nadat sy voorheen die versekering gegee het dat die geleentheid sal voortgaan.

Die 14de Wêreldberaad van Nobel Vredespryswenners sal glo nie meer in Kaapstad plaasvind nie, en sal afgestel word.

Dit sou tussen 13 tot 15 Oktober in Kaapstad gehou word, oor minder as twee weke.

Ses ontvangers van die vredesprys het vroeër aan die beraad onttrek nadat Suid-Afrika nie ‘n visum aan die Tibettaanse geestelike leier, die Dalai Lama, wou toestaan nie.

Hy sou ook die geleentheid bywoon.

Die Departement van Internasionale Betrekkinge sê dat die Dalai Lama sy reis gekanselleer het, terwyl hulle besig was om sy visum-aansoek na te gaan.

‘n Nuwe stad sal na verwagting vir die beraad gekies word.

Sowat 1 500 internasionale afgevaardigdes wat reeds vliegtuigkaartjies en verblyf bespreek na Kaapstad.

Reuters berig twee Nobel-vredespryswenners, Jody Williams en Shirin Ebadi, het gesê genoeg Nobelpryswenners het die beplande beraad geboikot om te verseker dat dit nou gekanselleer sal word. Hulle het glo verwag dat dit geboikot sal word.

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het Woensdag gesê: “Ek is skaam om dié inkruiperige klomp my regering te noem. Toe die Amerikaners aan Madiba gesê het hy kan nie sy vriendskap met presidente Ghaddafi en Castro voortsit nie, het hy aan hulle gesê hulle kan in die dam gaan spring.”

Volgens Williams is die doel van die boikot sodat die beraad in ’n land gehou kan word waar die Dalai Lama welkom is.

Ebadi het gesê Suid-Afrika se gesloer om aan die Dalai Lama ’n visum te gee, was duidelik as gevolg van druk wat China uitgeoefen het.

Williams, Ebadi en nog drie Nobel-vredespryswenners het op 25 September ’n brief aan onder andere De Lille, oudpres. F.W. de Klerk en emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu gerig dat hulle nié hul besluit om die beraad te boikot, sal heroorweeg nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.