Turkye, Israel versorg ISIS-terroriste

Deel op

Die Jerusalem Post het berig dat Turkye die terreurgroep ISIS befonds. Turkye is ‘n lid van NAVO en ‘n Amerikaanse bondgenoot.

‘n Duitse nuusprogram – met Engelse onderskrifte – het materiaal vrygestel wat aantoon dat Turkye terroriste na Sirië stuur.

Turkse opposisiewetgewers sê hulle regering is bedrywig in die beskerming en samewerking met ISIS en Al-Kaida-terroriste, en verskaf gratis mediese sorg aan hul leiers.

Luidens ‘n toonaangewende Turkse koerant Today’s Zaman, verpleeg Turkse mediese personeel die siekes en verskaf gratis mediese behandeling vir ISIS-terroriste in Turkse hospitale.

Die Pulitzer-bekroonde verslaggewer Seymour Hersh het voorheen oproepe tussen top Turkse beamptes vrygestel wat toon dat die gifgasaanval as ‘n vals vlag deur Turkye beplan is om president Assad te blameer.

The Cable het Israel ook beskuldig dat hulle terroriste van ISIS gratis in die land se hospitale behandel.

Die Times of Israel het dit bevestig.

Intussen het Australiese polisie aangekondig­ dat ’n aantal klopjagte gister op eiendomme in die suidelike stad, Melbourne uitgevoer is.

Dit vorm deel van ’n veiligheidsveldtog teen radikale Islamiete wat volgens die owerhede “vermoedelik” aanvalle in die land beplan.

Australië, wat die VSA steun in sy toenemende aksie teen die Islamitiese Staat in Sirië en Irak, is op ’n streng gereedheidsgrondslag­ geplaas vir aanvalle deur fundamentele Moslems of plaaslik gevestigde strydlustiges wat van gevegte in die Midde-Ooste terugkeer.­

Dié strydlustiges het egter sonder probleme uit Australië gereis om by ISIS aan te sluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.