Eerste geval van ebola in VSA

Deel op

Die eerste geval van ebola is in Amerika gediagnoseer, het RSG berig.

Amerikaanse gesondheidsowerhede sê ‘n man wat in Liberië die siekte opgedoen het, is in ‘n hospitaal in Dallas opgeneem, ses dae nadat hy in die land aangekom het.

Die Amerikaanse sentrum vir die beheer en voorkoming van siektes sê familielede van die man sal ook ondersoek word, terwyl nooddienstewerkers wat die man opgeneem het in kwarantyn geplaas is.

Bykans 3100 mense is reeds in Wes-Afrika aan die siekte dood, met meer as 6500 gevalle wat gediagnoseer is.

Intussen het ‘n Duitse nuusdiens berig dat ‘n vermoedelike ebola-pasiënt by Schönefeldlughawe in Berlyn geland het.

Dit is glo deur die owerhede bevestig. Die privaatstraler van ‘n werknemer van die Liberiese ambassade is nie toegelaat om in Israel te land nie. Hy word in ‘n spesiale Brandenburgse isoleringsvoertuig gehou.
 
‘n Regeringswoordvoerder het gesê die “veiligheid van burgers sal gewaarborg word”.
 
Na wat verneem word, wou ‘n werknemer van die ambassade in Monrovia, Liberië se hoofstad, in Israel land. Dit is geweier.

Omstreeks 17.28 op 26 September het die man in ‘n Learjet met Israeliese registrasietekens op Schönefeld geland.

Die man moes in die vliegtuig wag sodat paramedici kan regmaak om hom te vervoer na die hospitaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.