Trevor Manuel sluit van vandag af by Rothschild-groep aan

Deel op

Trevor Manual, Suid-Afrika se voormalige minister van finansies, het Maandag by die Rothschild-groep aangesluit waar hy as finansiële adviseur sal dien.

“Dis met genoeë dat Rothschild aankodig dat Trevor Manuel as ‘n senior adviseur vir die wêreldwye groep aangestel is, asook adjunkvoorsitter van Rotschild Suid-Afrika met ingang vanaf 1 Oktober 2014,” het die voorsitter, David de Rothschild in ‘n mediavrystelling verklaar.

“Sy leiding van die Suid-Afrikaanse ekonomie onder opeenvolgende presidente en sy verskeidenheid rolle in verskeie globale multilaterale instellings plaas hom in ‘n besondere portuurgroep.”

Tot onlangs was Manuel minister in die presidensie waar hy vir die nasionale beplanningskommissie verantwoordelik was. Hy het vroeër vanjaar uit die openbare lewe uitgetree, ná twintig jaar in senior regeringsposte.

Op sy beurt het Manuel gesê dat hy daarna uitsien om die Rothschild-naam in Afrika te ontwikkel.

“Dit is ‘n opwindende stap en ‘n besondere plesier om naas die groep en sy senior adviseurs te werk,” sê Manuel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.