Engelse Maties nie geskors oor rassisme nie

Deel op

Universiteit Stellenbosch sê kritiese debat is meer waardevol as dissiplinêre optrede teen studente wat hulleself as swartes vermom het vir pret.

Die kommunikasie en skakeling departement sê in ‘n verklaring “‘n kritiese debat en versoenende gesprekke is van veel groter waarde vir Universiteit van Stellenbosch se studentegemeenskap as optrede teen die studente.”

‘n Derde persoon het verlede week ná ‘n verjaardagpartytjie by AmaZink in Kayamandi die pretmakers se foto’s op sosiale media versprei.

Twee van die drie studente het geposeer vir foto’s met hulle gesigte swart gesmeer, swart kroespruike op en uitrustings bedoel om soos die twee tennissterre Serena en Venus Williams te lyk. Die foto’s is wyd versprei op Twitter.

Die universiteit het gesê dit aanvaar die aanbeveling van die ondersoek dat geen dissiplinêre aksie geneem sal word teen die Engelse studente Michael Weaver, Ross Bartlett en Mark Burmann nie.

“Die drie studente het ‘n verbintenis om deel te neem aan besprekings in verskeie studenteforums om verhoudings na hul optrede te help herstel wat wrok en pyn uitgelok het,” het die instelling gesê.

Dit was die tweede soortgelyke voorval by ‘n instelling van hoër onderwys in die land. Twee Afrikaanse vrouestudente van die Universiteit van Pretoria is in September geskors nadat ‘n foto van hulle op die internet verskyn het met swart gesmeerde gesigte en opgestopte agterstewes.

Universiteit Stellenbosch waarnemende rektor en visekanselier Professor Leopoldt van Huyssteen het gesê hoewel die instelling nie enige dissiplinêre optrede oorweeg nie, het hulle nog steeds die voorval beskou in ‘n baie ernstige lig.

“… Ons land se geskiedenis en kwesbare verhoudings vereis dat ons sensitief vir opmerkings, aksies en terminologie wat kwetsend en aanstootlik kan wees moet wees,” het hy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.