ANC-Jeugliga wil Woolworths sluit

Deel op

Die ANC-jeugliga wil verseker dat geen groente uit Israel op Suid-Afrikaners se borde beland nie.

Jeugliga-ondersteuners, in ANC T-hemde, het buite die Woolworths-hoofkantoor in Kaapstad Maandag betoog en geëis dat die kleinhandelonderneming bande met die Israeliese verskaffers beëindig.

Suid-Afrikaners moet Woolworths boikot omdat die winkelketting die “apartheid-staat” ondersteun.

Woolworths voer pretzels, matzos, lietsjies, mango’s, kersies en ander vrugte en groente uit Israel in.

‘n Woordvoerder van die jeugliga, Braam Hanekom, het gesê die protes is deel van ‘n boikot teen Woolworths gelei deur die beweging Boikot, Desinvestering en Sanksies (BDS) teen Israel in Suid-Afrika.

Hy het gesê die handelaar gegenereer ‘n wins van R12 miljoen per jaar deur produkte uit Israel in te voer.

“Die apartheidstaat van Israel moet ekonomies geboikot word. Ons [verbruikers] moet nie betaal vir die koeëls en die bomme wat teen kinders in Palestina gebruik word nie,” het hy gesê.

“[Woolworths] kan maklik die produkte onttrek. In plaas daarvan wil sy winkels regoor die land honderde miljoene rande verloor, want ons sal baie, baie Woolworths-winkels laat sluit. Ons het al die lede van die Jeugliga, die Jong Kommunistiese Liga en die SA Kommunistiese Party ontmoedig om by Woolworths te koop.”

Hanekom het gesê die veldtog sal verskerp word totdat Woolworths gehoor gegee aan sy eise.

Die maatskappy het daarop aangedring dat dit voldoen het aan die regering se riglyne oor Israeliese produkte en gesê die oorsprong van elke produk word op etikette aangetoon.

“Woolworths verafsku geweld en die verlies van lewe, veral van kinders, in enige omstandighede en ons is diep getref deur die tragiese gevolge van die konflik in Gasa,” het Woolworths gesê.

Die winkelgroep beweer dat hulle nie produkte uit “besette gebiede” te koop aanbied nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.