Orkaan Ike verwoes Kuba

Deel op

Image

Satellietfoto van Ike

Die orkaan Ike het Kuba gister bereik nadat dit reeds groot skade aan kleiner Karibbiese eilande aangerig het waar dit huise en lande vernietig het, asook vloede in Haïti veroorsaak het waar 300 mense dood is.

Deel op
Meer as 'n miljoen Kubane moes hul huise ontruim op soek na hoërliggende gebied of skuilings. Noord van Kuba, het inwoners van die Florida Keys-eilande 'n snelweg volgepak uit vrees dat die orkaan hulle teen Dinsdag mag tref.

Ike is as 'n kategorie 3-orkaan geklassifiseer met volgehou topwinde van 195 k.p.u. Die sentrum daarvan is naby Cabo Lucretia, omtrent 220 km oos van Camaguey, terwyl dit weswaarts teen 'n spoed van 20 k.p.u. beweeg.

Nadat die orkaan Kuba oorgesteek het, word daar voorspel dat Ike die Golf van Mexico sal binnedring waar 4 000 platforms 25 persent van Amerikaanse olie en 15 persent van die land se aardgas produseer, met die moontlikheid dat Louisiana en Texas ook in die storm se pad mag kom.

Ike mag ook New Orleans bereik, die stad wat in 2005 deur die orkaan Katrina oorstroom is en waarin 1 500 mense dood is en $80 miljard se skade aan die VSA se Golfkus aangerig is. Gustav het verlede Maandag New Orleans net-net misgeloop.

детские развивающие игрушкиОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.