Westinghouse vat Eskom aan oor ‘politieke inmenging’

Deel op

Westinghouse, ‘n Amerikaans-Japanse kernkragmaatskappy het Maandag ’n tweede hofgeding teen Eskom aanhangig gemaak.

Die toekenning van die Koeberg-vernuwingskontrak aan die Franse maatskappy Areva is in die spervuur.

Westinghouse het Maandag hofstukke by die Suid-Gautengse hooggeregshof ingedien waarin hy die hof versoek om die kontrak van R4,2 miljard wat Eskom in Augustus aan Areva toegeken het, nietig te laat verklaar.

Die kontrak behels lewering van nuwe stoomopwekkers in die twee kernreaktors. Die stoomopwekkers moet vervang word na ‘n ontwerpleeftyd van 30 jaar.

Die stoomopwekkers se leeftyd kan nog langer uitgerek word weens die hofgeding wat die veiligheidsrisiko’s ook verhoog.

Die reaktors het in 1984 en 1985 in bedryf gekom en moet dus in 2014 en 2015 vervang word, maar vertragings met die toekenning van die kontrak en die hofsaak beteken dat die stoomopwekkers eers in 2018 vervang sal kan word.

Westinghouse voer aan dat die kontrak “deur politieke inmenging” aan Areva toegewys is. Bewerings van omkopery is ook in die hofstukke genoem.

Die ramp by die Foekoesjima-kernaanleg in Japan het intussen duisende mense in Tokio Dinsdag die strate laat invaar. Die aanleg is deur Westinghouse ontwerp.

Daar heers fel kritiek teen die regering se skuif om weer twee van Japan se kernreaktors aan te skakel.

Meer as 16,000 aktiviste het in die Japannese hoofstad betoog teen die 10 September-besluit om twee reaktors by die Sendai-aanleg weer te begin.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.