Malema se korrupsie-verhoor gaan voort

Deel op

Julius Malema, die EFF-leier se verhoor oor bewerings van bedrog, korrupsie en geldwassery word Dinsdag in die Hooggeregshof te Polokwane voortgesit.

Die polisie is in die stad asook in die Seshego-lokasie, Malema se eertydse tuiste, ontplooi.

EFF-lede en ondersteuners drom sedert Maandag naby die hof saam. Lede van die provinsiale wetgewer en parlement het ‘n nagwaak vir Malema naby die hof gereël.

Regter Ephraim Makgoba het die verdediging se versoek om die aanklagte te laat terugtrek, in November verlede jaar van die hand gewys.

Die staat voer aan dat Malema sowat R4 miljoen uit korrupte sakebedrywighede verdien het.

Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NGV), Nathi Mncube sê Malema, asook sy twee medebeskuldigdes en van hul maatskappye staar 54 aanklagte in die gesig.

Drie paaie naby die hof is sedert Maandagaand gedeeltelik vir verkeer gesluit.

Intussen het die Wes-Kaapse Hooggeregshof die Ekonomiese Vryheidsvegters se aansoek om ‘n dringende interdik teen dissiplinêre stappe teen 20 van sy parlementêre lede van die hand gewys.

Die verhore sou vanoggend begin het.

Die saak spruit voort uit die voorval toe lede van die EFF President Jacob Zuma se antwoorde oor Nkandla in die nasionale vergadering ontwrig het tydens vraetyd.

Kort voordat regter Vincent Saldanha sy bevel uitgereik het, is hy deur ‘n parlementêre regsverteenwoordiger in kennis gestel dat die verhore met ‘n week uitgestel is.

Die regsverteenwoordiger van die lede, Luvuyo Godla sê daar is steeds ‘n kans dat hulle verdere aansoeke kan bring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.