Die wit en swart skerpioene

ImageSo ʼn tyd terug het ek die film “Jarhead” gesien. Ek hou nogal van oorlogflieks, veral dié met ʼn boodskap. Ek gaan my nie hier as ʼn kenner op die gebied van films uitleen nie, maar daar was een stukkie in die film wat nogal opvallende ooreenkomste met die situasie in Suid-Afrika getoon het. Ek wil wel hier stel dat ek nie oorlog aanhang en verromantiseer nie; ek hou net van oorlogfilms.

In die toneel het ʼn hele groep Amerikaanse soldate in die woestynd rondom ʼn omgekeerde krat wat as tafel gedien het gebondel, jillend en rasend terwyl geld vir weddenskappe van hande verwissel het. Dit was manne van verskeie bevolkingsgroepe wat in die VSA verteenwoordig is, so op die oog af.  Op die “tafel” was daar iets soos ʼn platterige oop boksie waarin twee skerpioene besig was met ʼn stryd tot die dood toe, ʼn geveg waarin daar slegs een oorwinnaar uit die ring gehaal kan word. Dis die oorwinnaar wat in sy donker boksie teruggesit word en gepamperlang word totdat hy weer vir die volgende geveg uitgehaal word.

Die verloorder het ook ʼn klein boksie gekry, wat saggies deur die eienaar van die betrokke vegter in die droë aarde van Saoedi-Arabië begrawe is.

In die plat boksie het die twee skerpioene mekaar versigtig benader, al sirkelend soos ʼn mot om ʼn kersvlam. Asof hulle nie die geveg wat binne oomblikke kon uitbreek, kon weerstaan nie. Die verskil tussen die twee kon egter nie meer opsigtelik wees nie. Die een was ʼn massiewe swart skerpioen, groot swaar lyf, sterk groot knypers en ʼn lang stert met groot angel. ʼn Bul van ʼn skerpioen. Die voorkoms was nogal bedrieglik, want hy het beweeg soos vetgesmeerde weerlig.

Die ander skerpioen was wit, so woestynsandwit. Met ʼn kleiner lyf en fyn knypers, en heelwat fyner as die teenstaander gebou. Hy was rats, maar nie genoeg nie en het die prys met sy agtpotige lewe betaal.

Hy het baie versigtig uit die pad van die grote gebly tot dié hom gegryp het, een knyper wat die angel vashou en die ander een wat die een fyn knyper vasgevat het, die dik swart stert het rustig oor die lyf en kop geswaai en die angel het in die lyf van die kleiner dier weggesink, eenkeer, toe nog ʼn keer waarna die grote net gewag het.

ʼn Paar oomblikke later is die kleiner een gelos. Trillings het deur die lyf geruk en toe was dit verby. Die wit liggaam het roerloos gelê, dood. Soos slagoffers ná ʼn plaasmoord, net so dood.

Dit het my redelik aan die dink gesit. Hoewel my gedagtes soms maal rondom die punt het ek verskeie ooreenkomste gesien met dít in ons geboorteland “lewe” genoem word.

Konflik, dié vorm van interaksie wat die meeste van ons land se inwoners maar net te goed ken, was iets wat vir die twee teenstanders vanselfsprekend was. Ons, die wit skerpioene, hoop dat die konflik op een of ander manier vermy kan word of laat vaar kan word, maar dis ʼn beskamende hoop. Die sogenaamde Suid-Afrikaanse demokrasie is byna soos die geslote omgewing waarin die skerpioene geplaas word en waaruit hulle nie kan ontsnap nie. Ons word saam in een houer gegooi en daar word verwag dat die swart skerpioene die wittes sal uitlos, maar ongelukkig sal dit nie gebeur nie. Die omstandighede sal dit nie toelaat nie. Dus is daar net een uitweg: konflik, geen ander interaksie nie, maar konflik. Wanneer die opsie om te vlug die een of ander kant ontneem word gaan daar stryd wees, dis ʼn onvermydelike deel van die natuur, of dit agtpotiges is, of leeus en luiperds, hulle sal mekaar die stryd aansê. Waar in die diereryk dit deel is van hulle voortbestaan, is dit in die mensdom deel van hulle ondergang.

Die klomp mans wat rondom die drama in die kleine gestaan en raas het, was ook van belang, met die dollars wat hande gewissel het om op die twee vegters verwed te word. So asof die twee wat baklei nou iets van die ongeordende geroesemoes sou verstaan. Of skerpioene kan hoor, weet ek nie, maar daar is iets hier wat my opval.

Elkeen wat geld verwed, wil die een of die ander kant as wenner in die stryd sien. Net soos die buitewêreld tans maak met al wat Afrikastaat is. Hulle kan nie vinnig genoeg die dollars rondswaai in die lug om dit op die een of die ander kant neer te lê nie. Mens kan net wonder wat die wedders dink hulle gaan kry as die wenner van keuse wel bo sou uitkom. En die antwoord is niks.

As die wedders wat die dollars in Afrika inpomp teen verbysterende tempo dink dat hulle die swart skerpioen sal kan beheer, hom na die geveg terugsit in die donker boksie tot hy weer nodig is, moet hulle weer dink. Dit sal nie gebeur nie. Die skerpioen wat wen gaan wel terug in sy donker boksie, maar dis waar die ooreenkoms eindig.

Want daar in sy donker skuiling sal hy gaan sit en planne smee om sy gevegsloopbaan te verbeter, planne maak om na die volgende geveg uit die sirkel wat hom in die geslote omstandighede hou weg te breek. Sodat hy in sy nuutgevonde vryheid sy stryd kan voortsit. ʼn Stryd wat nie meer net gerig is teen die opponente wat vir hom aangedra word nie, maar een wat gerig word teen wie ook al in sy pad kom. En as dit die dollardraer is, maak dit nie veel saak nie; solank hy kan baklei, is hy op sy gelukkigste. Dis die een ding wat die Westerse wêreld nou na al die jare van dollars rondswaai steeds nie geleer het nie. Mense, daardie geld wat julle so lekker rondswaai en in die bodemlose Afrika inpomp is nie beleggings waarop julle ongekende opbrengste gaan verdien nie, dis verlore, soos wat in weddenskappe soms maar gebeur. Maak maar solank vrede daarmee, julle het dit reeds verloor, ek wou julle net op dié betrokke punt inlig.

ʼn Baie goeie voorbeeld hiervan is ʼn onlangse nuusbrok, waar navorsing bewys het dat geld wat vir Afrika geskenk word om vir noodleniging aangewend te word, gebruik word om wapens te koop. Wapens wat aangewend gaan word om die oorblywende dollarwaaiers verder te vertrap en te bedrieg, sodat hy verder die dollars sal aandra. En of dit nou dollars, ponde of euro’s is, die eindresultaat bly dieselfde. Die ou storie van aangeleerde hulpeloosheid waarvoor daar geen genesing bestaan nie.

In David Bullard se gewraakte stuk waarvoor die Sunday Times hom die trekpas gegee het, word melding gemaak van iemand om te blameer, en dis presies wat die Afrikaboorling soek, altyd iemand om die blaam te dra.

Die wenner van die stryd gaan vir seker nie vir die een wat geld op hom verwed die reg verleen om in Afrika te maak soos hy wil nie. In weddenskappe verloor mens dikwels geld, net soos in die film gebeur het.

Die diamante, olie, minerale en ander rykdomme wat wel op die kontinent beskikbaar is, gaan nie sonder ʼn titaniese stryd deur die swart skerpioen afgegee word nie.

Die lewensverlies wat die Weste gaan lei as hulle hier wil inkom en begin om opbrengste bymekaar te maak, is iets wat hulle in hul wildste drome nie raaksien nie. In die geval van diamante sal dit wel bloeddiamante wees, en hier is die feite, dis julle bloed wat sal vloei en die diamante sal hulle s’n bly, aanvaar dit maar. Want die skerpioen gee niks verniet weg nie.

In sy natuur, wat volgens die Darwin-volgelinge reeds millenia oud is, is hy gebrei, taai gemaak om vir die daaglikse stryd opgewasse te wees. Dis een ding wat die Westerling nog tot sy bittere spyt sal leer, net soos die wit skerpioen in “Jarhead”. En spyt kom altyd te laat.

дизельный передвижнойФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.