Amerikaanse dokter vir ebola behandel

Deel op

‘n Amerikaanse dokter wat aan die ebola-virus in Sierra Leone blootgestel was, is Sondag opgeneem in ‘n kliniek van die nasionale gesondheidsinstituut buite Washington.

Die man se identiteit is nie bekend nie. Hy het as medikus vrywillige werk gedoen in ‘n eenheid waar ebola-lyers behandel word.

Hy is tans in die hospitaal opgeneem as voorsorgmaatreël.

‘n Woordvoerder van die hospitaal het dit benadruk dat sy behandeling daar “minimale risiko” inhou vir die ander pasiënte.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.