Australië stuur nie dokters na ebola-gebied nie

Deel op

Die Australiese regering sal nie dokters na Wes-Afrika stuur om hulp met die ebola-epidemie te verleen nie.

Die organisasie Dokters Sonder Grense en die Australiese opposisieparty het versoek dat die regering ‘n mediese span stuur om die nypende tekort aan dokters aan te spreek.

Meer as 3 000 mense is reeds in Nigerië, Liberië, Sierra Leone en Guinee dood weens die ebola-virus en die dokters wat hulp kan verleen, raak yl gesaai.

Julie Bishop, Australië se minister van buitelandse sake, sê dat die departemente van gesondheid en verdediging albei van mening is dat gesondheidswerkers nie betyds ontruim kan word nie.

Sy sê dat die regering nie bereid is om die gesondheid van sy mense in die weegskaal te plaas omdat daar nie voldoende ontruimingsplanne is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.