Mortier tref vrou teen die kop

Deel op

‘n Inwoner wat naby ‘n militêre basis woon is byna dood nadat sy deur ‘n 60 mm-beligtingsmortier teen die kop getref is.

‘n Beligtingsmortier is ’n militêre wapen en nie beskikbaar vir die publiek nie. Dit word met ’n mortierpyp afgevuur.

Die polisie se bomeenheid moes die toestel kom verwyder wat die niksvermoedende Felicia Klopper (20) Saterdagoggend getref het terwyl sy op haar bed in haar slaapkamer gesit het.

Die polisie kon nog nie bepaal wie dit afgevuur het nie. Die weermag ontken dat hulle die mortier afgevuur het.

Volgens Rudi Klopper, Felicia se pa, wil hulle ’n saak teen die weermag aanhangig maak.

“Wie anders kon dit afgevuur het? Iemand moet verantwoordelik gehou word, so iets mag nie gebeur nie. Of jy nou die polisie of die weermag is, jy kan dit nie bekostig om sulke foute te maak nie. Ons gaan nou oorlog maak,” het Rudi aan Die Burger gesê.

Volgens kapt. Disebo Selepe, polisiewoordvoerder, is hulle nog besig om die oorsprong van die mortier vas te stel.

Die beligtingsmortier is deur Klopper se slaapkamerdak geskiet voordat dit haar teen die kop getref het.

Mortiere en sowel as mortierbomme word in wapenopslagplekke gestoor en slegs per opdrag uitgereik.

Dit word met ’n mortierpyp afgevuur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.