Twee in Kaapstad geskiet

Deel op

‘n Vyftienjarige seun is Sondagmiddag in Valhalla Park, Kaapstad in die kop geskiet. Hy is aan die besering dood.

Die Wes-Kaapse nooddienste het bekend gemaak dat die seun se liggaam in sy huis in Eleanor-pad gevind is terwyl hulle in die gebied was om ‘n ander noodgeval te hanteer.

Dis nie bekend wat die omstandighede van sy dood was nie.

In ‘n onverwante voorval is ‘n 25-jarige man in Tygerberg-hospitaal opgeneem met ‘n skietwond aan die kop.

Hy is in Ertjieboom-pad in Delft geskiet en dit wil voorkom of dit bendeverwant is. Hy verkeer in ‘n kritieke toestand.

Die anti-misdaadgroep Pagad het intussen ‘n beleid geformuleer vir bendegeteisterde buurte van die Kaapse Skiereiland in sy stryd teen dwelm- en bendebedrywighede.

Pagad se koördineerder, Moegamat Keraan, sê hulle het in Mitchells’s Plain met politieke partye vergader om die jongste misdaadstatistiek in die gebied te bespreek en oor die pad vorentoe te besin.

Hy sê dit is onaanvaarbaar dat plekke soos Nyanga en Mitchell’s Plain ingesluit word in die gebiede met die hoogste voorkoms van dwelmverwante misdade en moorde.

Keraan sê hulle sal met behulp van politieke partye toegang kry tot gebiede waar hulle nie voorheen kon ingaan nie.

Hy sê met die hulp van Azapo, die PAC en Cosatu kan hulle nou dié gemeenskappe help om van bendebedrywighede en dwelms ontslae te raak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.