Minister kap korrupte geboorteregistrasie

Deel op

Die Minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, het sekere kerkleiers en oneerlike tradisionele stamhoofde daarvan beskuldig dat hulle met korrupte staatsamptenare saamwerk om Suid-Afrikaanse geboortes te registreer vir mense wat nie hier gebore is nie.

Aansoeke vir geboortesertifikate het aansienlik gedaal sedert die begin van die regering se inisiatief om kinders binne 30 dae van geboorte te registreer, het Gigaba gesê.

Die vals registrasie van nie-Suid-Afrikaners tap die regering se welsynstoelaes en skep allerlei probleme omdat die Nasionale Bevolkingsregister nie die plaaslike inwonergetalle weergee nie.

Gigaba het egter kritiek ontvang oor die bekendstelling van ‘n visum vir Britse regeringsamptenare en diplomate in September. Die vereiste is in reaksie op die bekendstelling van visumvereistes vir alle Suid-Afrikaners deur die Verenigde Koninkryk.

Gigaba het aan verslaggewers in Pretoria gesê die Suid-Afrikaanse regering het probeer om die saak met die Verenigde Koninkryk op te los deur vrystelling vir Suid-Afrikaanse diplomate en amptenare te vra, maar “dié pogings was tevergeefs”.

“Maar gewone burgers van die Verenigde Koninkryk is vrygestel” het Gigaba gesê.

Die minister het ook bevestig dat aansoeke vir die Zimbabwe Spesiale Projek vanaf Oktober begin.

Die nuwe regime is ‘n uitbreiding vir Zimbabwiese burgers se status in SA onder die huidige spesiale verblyfstoegewings wat in Desember verval.

Hierdie Zimbabwiërs sal nou moet aansoek doen vir nuwe permitte wat in Desember 2017 eers sal verstryk. Na daardie datum sal die houers van die spesiale permit moet aansoek doen vir ‘n normale permit of visum vir hul verblyf.

Intussen het die Hooggeregshof beslis dat Gigaba se departement reëls oortree het oor deportasie na Botswana.

Suid-Afrika het ‘n moordverdagte na Botswana Suid-Afrika gestuur in weerwil daarvan dat die Wet van toepassing is op immigrante, het die Hooggeregshof in Pretoria verlede Dinsdag bevind.

Regter Eberhard Bertelsmann het Gigaba verwys na ‘n vorige Grondwethofbeslissing met betrekking tot die deportasies van twee Botswanase burgers.

Die hof het bevind dit was onwettig vir die departement om hulle te deporteer sonder die nodige versekering teen die doodstraf wat in Botswana steeds geld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.