Watertekorte nog nie verby

Deel op

Watertoevoer sukkel steeds in groot metropolitaanse gebiede, ten spyte van verklarings dat die probleem opgelos is.

Die Minister van Water en Sanitasie, Nomvula Mokonyane, sê water sal herlei word na elf Pretoriase voorstede.

Mokonyane sê die regering is bewus daarvan dat waterprobleme dringend aandag moet kry. Sy het gesê hulle het reeds begin om in infrastruktuur te belê.

Mokonyane het gesê daar moet verseker word dat geld wat geoormerk is vir instandhouding en bedryfskoste daarvoor aangewend moet word.

Rand Water het mense in Gauteng weer gevra om water spaarsaam te gebruik nadat hulle vroeër gesê het waterprobleme is opgelos.

Hulle het verlede week aangekondig dat die watertoevoer na Bedfordview en Germiston aan die Oos-Rand herstel is, maar inwoners kla steeds oor watertekorte.

Rand Water beweer nou dat die watervlakke in twee van die hoofopgaardamme in die gebied só gedaal het wat lei tot toevoerprobleme.

‘n Woordvoerder, Justice Mohale, sê ‘n hoë vraag na water en warm weer het veroorsaak dat watervlakke in die twee opgaardamme tot 30 persent gedaal het. Dit was Sondag nog op sowat 40 persent.

Mohale sê Rand Water is vol vertroue dat watertoevoer aan alle gebiede in Gauteng binne twee weke weer normaal sal wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.