Waarom wou die vyand ons universiteite inpalm?

Deel op

Met die jongste nuus in verband met die PUK vandeesweek, is dit helder dat die oorname van die Afrikaanse universiteite nou voltrek is. Iron Rensburg, Botman, Jansen en nou Kgwadi by die Noordwes-universiteit het seker gemaak dat al die Afrikaanse universiteite onder vyandelike beheer verkeer sodat die Afrikanerjeug tegelyk beheer en gebreinspoel kan word. Die armswaaiery van ‘n meisieskoshuis op Potchefstroom was die laaste teken van dissidensie wat nog op ‘n kampus bestaan het, as ‘n mens nou die grapjasse met hul swart gesigte by Tukkies en Maties buite rekening laat.

roodt_fbfotoOok by Tukkies is daar gesorg dat enige dosente wat afwyk van die neomarxistiese dogma in die geesteswetenskappe vasgevat word en summier in die pad gesteek of verdryf word. Die vraag is nou: Maar waarom wou die vyand ons universiteite so graag inpalm? Tradisioneel koester die Engelse marxiste in ons land net minagting vir die Afrikaanse universiteite en erken geen navorsing wat in Afrikaans gepubliseer word nie. Trouens, Wits, Kaapstad, Natal en Rhodes erken skaars enige navorsing wat daar in Engels by ‘n Afrikaanse universiteit geproduseer word, tensy dit deur hul eie alumni is.

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

In die sewentiger- en tagtigerjare, toe die NP nog aan bewind was, het die Engelse universiteite die regering fel aangeval. In ruil het die regering niks gedoen om hul aktiwiteite aan bande te lê of selfs om hul staatsbefondsing in te kort nie. Die oorwegend marxistiese Engelstalige universiteite in Suid-Afrika het universitêre outonomie en akademiese vryheid onder sogenaamde “apartheid” geniet. Tans val die regering en die media konstant die Afrikaanse universiteite aan en gil dat hulle moet “transformeer”, waaronder verswarting en verengelsing verstaan moet word. Trouens, soos ek onlangs getwiet het, is “transformasie” in die Suid-Afrikaanse sin ‘n eufemisme vir blanke volksmoord.

Dieselfde mense en groeperings wat in die tagtigerjare die ou regering vanuit die universiteite aangeval het, sit nou in die regering en in sy administrasie. Tans gebruik (misbruik) hulle die staatsmag om ons universiteite te kasty, oor te neem en uiteindelik teen ons aan te wend. Anders as die destydse NP, speel hulle nie volgens die reëls nie.

Baie van die dosente op die kampusse is insgelyks ideoloë wat die klimaat skep vir plaasmoorde en stedelike rooftogte om plaas te vind. Soos ek al voorheen genoem het, werk ‘n organisasie soos PLAAS aan die Universiteit van Weskaapland kliphard om blanke Afrikanerboere te demoniseer, hul eiendomsreg verdag te maak en onregstreeks hul uitwissing te bepleit. Omdat ons vyande so bewus is van die waarde van universiteite as plekke waar ideologie en propaganda geproduseer word, wil hulle enige poging van Afrikaners om op kampusse te hergroepeer, in die kiem smoor. Ook moet die blanke middelklas toenemend van toegang tot tersiêre onderrig ontneem word. Hoe armer ons word, hoe meer blootgestel raak ons, want dan kan ‘n mens nóg privaatveiligheid nóg -gesondheidsorg bekostig en is dit soveel makliker om jou net voor die voet dood te maak, soos wat reeds gebeur.

Dwarsdeur die geskiedenis het die Afrikaner nog altyd die boosheid van sy vyande onderskat. Op die vooraand van die Tweede Vryheidsoorlog het die Transvalers en die Vrystaters gedink dat daar “fair play” sou wees en dat Engeland volgens beskaafde reëls sou oorlog maak. Op die ou end het die Engelse besluit dat, indien hulle nie die Afrikanermans met hul Mausers in die veld kan baasraak nie, sal hulle wel teen ongewapende vrouens en kinders kan wen.

Net so het die Kommunisteparty onder Joe Slovo en Ronnie Kasrils die vuilste en mees moorddadige metode van oorlogvoering – stedelike terreur – gekies, waarmee die NP op sy knieë gebring is. Natuurlik het FW de Klerk se verraad ook ‘n rol gespeel, maar die klimaat vir verraad en propaganda is haarfyn beplan en deur stedelike terreur geskep. Die vier Engelse universiteite met hul hordes marxistiese dosente en “intellektuele” was die uitsaaisentra wat die regverdiging vir stedelike terreur moes verskaf. Net soos hulle tans onregstreeks met hul konstante propaganda van “boere wat die swartes se grond gesteel het” die grondslag vir volksmoord lê.

In sy Calvinistiese naïwiteit, goedgelowigheid en onkunde oor die groteske boosheid van sy vyande, kan die Afrikaner hom nie indink in hoe dit moet wees om die uitwissing van ‘n ander volk of groep te beplan en uit te voer nie. En tog is dit presies wat vandag besig is om met ons te gebeur. Elke faset van ons bestaan word wesentlik aangeval: ons fisieke en ekonomiese oorlewing, ons taal en kultuur, ons skole en universiteite, ons identiteit en spraakvryheid.

Die Franse marxis Louis Althusser het onderskei tussen “onderdrukkende en ideologiese staatsapparate”. Die onderdrukkende staatsapparaat is die weermag en die polisie, wat vroegaan tydens die revolusie deur Umkhonto we Sizwe en die Kommunisteparty oorgeneem is. Die ideologiese staatsapparaat is die media en die opvoedingstelsel wat effens langer geneem het om eers binne te sypel en daarna volkome onder vyandelike beheer te plaas.

Ek is daarvan oortuig dat ‘n aansienlik persentasie van Afrikaanse joernaliste in die hoofstroommedia onder beheer van die staat se geheimedienste verkeer. Indien hulle nie regstreeks op die staat se betaalstaat verkeer nie, word hulle deur ‘n staatsagent gehanteer of “beïnvloed”. Ek mag verkeerd wees, maar die gladde manier waarop die Potchefstroom-kampus vanjaar “omgedop” is, vertoon al die kenmerke van ‘n beplande intelligensie-operasie. Eers ‘n bietjie negatiewe publisiteit wat uit niks uit opgewek word. Daarna ‘n wollerige reaksie van ‘n paar bekende Afrikanerverraaiers, omgekooptes of diegene wat graag hul eie mense sou wou uitverkoop en ten slotte die leier van die Kommunisteparty, Blade Nzimande, wat met ‘n suiweringsveldtog van die Potch-kampus begin.

Onthou: die ANC en SAKP het jare lank in Oos-Europa deurgebring. Anders as die destydse NP, verstaan hulle die logika van suiwering soos dit oor en oor deur Stalin en ander leiers toegepas is, baie goed. Afrikaans, maar ook alle andersdenkendes, sál uit die stelsel gesuiwer word. Dit gebeur reeds sienderoë.

‘n Ander vraag sou wees: Wie beheer vir Blade Nzimande? Want hy is heeltemal te dom om die hele komplekse proses waardeur die universiteite van andersdenkendes gesuiwer moet word en die Afrikaner verder op sy knieë gedwing moet word, te verstaan en te bestuur. Agter Blade sit daar duistere manne wie se name en gesigte ons nie maklik sal sien nie. Ons weet dat daar in die departement van hoër onderwys en opleiding ook wit Engelse marxiste werksaam is wat verslae skryf, beleid maak en strategie bepaal.

Indien daar enige twyfel bestaan oor hoe ekstremisties hierdie mense is, dink bietjie daaraan: Is u daartoe in staat om nou uit te gaan en ‘n bom in die naaste restaurant te plaas of ‘n landmyn op ‘n plaaspad waar enigiemand, die boer en sy gesin of selfs plaaswerkers, dit kan aftrap? Die Afrikaner se vyande het dit egter sonder enige gewetenswroeging gedoen. Net soos wat Pol Pot of Mao Zedong miljoene mense gedood het om hul magswellus in die naam van absolute gelykheid te bevredig, is ons huidige maghebbers (en hul meelopers!) tot enigiets in staat.

Soos Paul Kruger destyds met Sir Theophilus Shepstone uitgevind het, bestaan daar mense wat een ding sê en ‘n ander doen. Al die praatjies oor die grondwet en demokrasie, asook die welwillendheid teenoor Afrikaans – wat kastig “een van die elf amptelike tale” is – is blote oëverblindery. Skynheiligheid. Sogenaamde “demokrasie” in Suid-Afrika was ‘n blote set om Afrikaners polities skaakmat te stel. In ‘n regte demokrasie beskik minderhede ook oor regte en is die meerderheid versigtig om hulle openlik te oorheers, te haat en uit te wis. Nie by ons nie. Hier gaan dit oor naakte etniese oorheersing wat deur krete van “rassisme!” en “Julle het ons besteel!” verseker word.

Daarom sou die Afrikaner ‘n fout maak deur hom op sy “demokratiese” en grondwetlike regte te verlaat. Ná agt jaar se hofsake rondom die Renate Barnard-geval, het ons bitter min om daarvoor te wys. Vanuit die marxistiese vestings wat die universiteite geword het, hoon die akademici die “laaste paar wittes wat nog teen transformasie skop”.

Die tyd mag binnekort aanbreek dat geen blanke Afrikaner meer toegelaat mag word om aan ‘n universiteit in Suid-Afrika te studeer nie. Kwotaïsme – ‘n nuwe woordskepping wat iemand nou die dag op Twitter onder my aandag bring – sal daarvoor sorg. Soos wat ons demografies wegkwyn, sal ons vyande sorg dat ons deelname aan instellings streng tot ons persentasie van die bevolking beperk word, indien ons nog hoegenaamd verdra sal word.

Vir elke situasie of penarie – hoe haglik ook al – bestaan daar ‘n plan en ‘n strategie. Die klein minderheid Afrikaners wat nog omgee wat van ons word, sal baie hard moet begin dink.

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.