Afrikaners: handevat-inskiklik of streep in die sand?

Deel op

Die Iraeliete was 40 jaar in die woestyn. Die blankes, veral Afrikaners, is reeds meer as 20 jaar in die politieke woestyn. Woestynverblyf in ‘n onbeskaafde woesterny is nie iets waartoe die blanke kiesers ingestem het nie. Die meerderheid blanke kiesers het as misleides ten gunste van magsdeling gestem, wat egter deur FW de Klerk en kie (veral die klein vyf – Praag 27.08) in magsoorgawe getransformeer is. Die vraag is nou: hoe moet blankes, veral tradisionele Afrikaners, op hierdie onverkwiklike situasie reageer? Behoort ons handevat-inskiklik, dus ANC- en swartmag-gedienstig, te wees, of moet ons veel eerder op gesonde weerstand/verset ingestel wees deur ‘n streep in die sand te trek?

Die geskiedenis toon dat kiesers dikwels deur politici om die bos gelei word. Knoeiery is deel van die “kuns” van regering. Daaruit moet nie afgelei word dat politici noodwendig oor kundigheid of selfs elementêre inligting, kennis en insig beskik nie. Politici neem besluite en voer sommige van hulle op ‘n bepaalde manier uit. Die gevolge word dikwels glad nie voorsien nie. Volgens sy outobiografie het Izak de Villiers as redakteur van Rapport bv waargeneem dat FW de Klerk glad nie die gevolge van sy “inisiatiewe”, propvol fiktiewe “wigte en teenwigte”, besef het nie. De Klerk het persoonlik grootliks skotvry met sy droogmakery en verraad weggekom. Sedertdien sit ons met die gebakte pere. Wat nou gemaak?

Insekte, soos miere en bye, openbaar geykte gedragspatrone. Dit word ook by mense aangetref. Dink aan die ontdekkingsreise wat na bv die poolstreke onderneem is.

“Early Arctic exploration unfold with a certain formal inevitability, in stately, familiar, unvarying stages. The fitting and provisioning of the stout vessel, the gala departure, the fruitless exploration of blind bays and dead islands, the fading hopes, the trapping of the ship in pack ice, the fatal nightmare of cold and starvation. Finally, as an epilogue, a new expedition sets out in search of the first, and the cycle starts again” (Lev Grossman, Cold comfort, Time, 18.08, p 48).

By politici word soortgelyke geykte gedragspatrone aangetref. Alles moontlik word deur die kandidaat gedoen om ‘n gunstige indruk by die kiesers te wek. In verkiesingstyd is hy hoogs sigbaar en toeganklik. Aan beloftes is daar geen einde nie. Sodra hy verkies is, geniet hy sy buitensporige vergoeding en byvoordele, word hy onsigbaar en ontoeganklik en raak die verkiesingsbeloftes gou in die vergetelheid. Wanneer die volgende verkiesing aanbreek, begin dié siklus van voor af.

Dit gaan hier om kenmerkende herhalende gedrag by mense. Wat ons “die geskiedenis” noem, handel hoofsaaklik oor menslike handelinge. Vir toepassing in die hede is daar dus lesse te put uit wat voorheen gebeur het. Maar ‘n mens kan vir plaaslike toepassing ook met vrug kennis neem van wat op die oomblik elders in die wêreld gebeur. Die Midde-Ooste kan as voorbeeld dien. Ek maak gebruik van Aryn Baker se artikel, “Unholy choices” (Time, 21.04, p 18-23). Let voorts op hoe die posisie van christene in Moslemlande ooreenkomste vertoon met die situasie van blankes in oorheersend swart Suid-Afrika.

In gebiede onder die beheer van fundamentalistiese Moslems word christene voor ‘n drieledige keuse gestel: bekering tot die Islamitiese geloof, betaling van hoër belasting, of die swaard, dus die dood. Dit was die geval in die Ottomaanse Ryk (1300-1920) en dit kom steeds voor in bv dele van Sirië en Irak waar fundamentalistiese Soenniete in beheer is. Wat die christene ter selfbeskerming in Sirië doen, is om die bewind van Bashar Assad, ‘n lid van die Alawitiese Moslemminderheid, te steun, terwyl chistene in Irak die Sjiïtiese meerderheidregering ondersteun. Vir hierdie christene gaan dit eerder om oorlewing as om morele beginsels. Daarom huiwer hulle nie om ‘n outoritêre bewind te ondersteun nie. Dié christene se lewens word gekenmerk, selfs oorheersend beïnvloed, deur sulke keuses en kompromieë.

In Egipte hang die oorspronklike inwoners, die Kopte, ‘n vroeë vorm van die christelike religie aan. Sedert die Arabiese Moslems Noord-Afrika in die 7de en 8ste eeu ingeneem het, is die Kopte ‘n minderheid (deesdae slegs sowat 5% van die bevolking) wat ter wille van oorlewing geneig is om die owerheid, selfs al is dit ‘n militêre diktator, te steun.

“In backing these authoritarian regimes, those [Christian] leaders and their supporters have failed to help their countries develop into states where justice, the rule of law and tolerance are applied evenly” (p 20).

‘n Mens kan sê dat die Kopte se situasie in Egipte soortgelyk is aan dié van die Khoi-San, die oorspronklike inwoners van Suid-Afrika. Sedert die politieke mag in 1994 onregmatig aan die swartes oorgedra is, maak die swartes asof hulle altyd hier was en op die land in sy geheel geregtig is. Daar word graag na die blankes as setlaars verwys, maar die werklike historiese verskil tussen wit en swart is dat die wittes oor die see uit Europa in Suid-Afrika geland het en die swartes oor land uit Afrika hierheen gekom het. In landsbelang behoort dit egter nie soseer te gaan om wie eerste hier was nie, maar veel eerder om watter etniese groep die meeste tot die land se ontwikkeling en voorspoed bygedra het. Die ou Suid-Afrika was opvallend beter as ander Afrika-lande. Groot dele van die land het toe onloënbaar die stempel van Europese beskawing gedra. Na 1994 het die nuwe Suid-Afrika binne twee dekades onmiskenbaar ‘n Afrikaland geword. Deur dit te noem, deel ek nie ‘n kompliment uit nie.

“Some Christians in Syria have defied church leaders and called for Assad’s downfall, in the hope that fighting for the rights of all Syrians will strengthen the place of Syria’s minorities in the future” (p 20). Dieselfde mentaliteit is onder sommige Afrikaners waarneembaar. Die Afrikaanse Taalraad stry nie vir Afrikaans (bv Standaardafrikaans) as sodanig nie, maar vir alle sogenaamde variëteite van Afrikaans, insluitende die mengeltaal Kaaps en al die Afrikatale. Die bestuur van die Taalmonument voel hom nie geroepe om erkenning aan die oorheersend positiewe historiese rol van blankes te gee nie en verkies om eerder die aandeel van nie-wittes op te blaas. Die eens Afrikaanse universiteite benadeel Afrikaanssprekendes (veral Afrikaners) en Afrikaans blatant en bewandel die weg van transformasie, wat op verswarting en verengelsing neerkom. Hofsake word (tevergeefs) gevoer teen die benadeling van alle nie-swartes (bv bruines); daar word nie gekonsentreer op die bevordering van uitsluitlik blanke belange nie, soos wat nie-paternalisties vereis behoort te word. Waarom dit vir blanke oorverligtes/swakkelinge gaan, is om onder die dekmantel van nie-wit (bv bruin) belange per abuis of by implikasie ook blanke belange te dien.

Wat is die gevolge van die christene se kruipbeleid in die Midde-Ooste? Dit kan terselfdertyd as aanduiding dien van wat plaaslik in ons veelgeroemde jong demokrasie verwag kan word. “In the last census of the Ottoman era, conducted in 1914, Christians made up a quarter of the Middle East’s population. Now they are less than 5% … If current demographic trends continue, the Middle East’s population of 12 million Christians will be halved by 2020 … much of the decline can be attributed to opportunistic emigration and falling birth rates” (p 21). In die nuwe Suid-Afrika is die geboortesyfer van daardie etniese groepe waarby die land die meeste kon baat juis die laagste. Verder word die swart geledere ongebreideld met swart immigrante aangevul, terwyl die nie-swart (veral wit) komponent deur emigrasie drasties uitgedun word.

“Majority rule in the Arab world leaves minorities at risk” (p 22). Insgelyks plaas swart meerderheidsregering in Suid-Afrika al die nie-swartes (veral die wittes) soos paddas in ‘n pan wat geleidelik maar sekerlik voordurend verhit word. Dit is vir my nie moontlik om diegene te verkwalik wat die land verlaat nie, al het ek die opsie uitgeoefen om eerder hier aan te bly en weerstand te bied. Oor die Christene se kruipbeleid in die Midde-Ooste haal Baker ‘n waarnemer soos volg aan: “That kind of thinking may preserve Christian interests in the short term, but it risks putting them on the wrong side of history” (p 22).

In die nuwe Suid-Afrika: of ons handevat of nie, kompromieë aangaan of nie, ons siel verkoop of nie, ons toekoms kan/sal ten spyte van “Faustian bargains” (p 22), dus sielverkopende toegewings, weens verswelging deur die swart massa verduister of selfs uitgedoof word. Die beroemde Amerikaanse orator, Robert Ingersoll (1833-1899), het in ‘n ander konteks gesê: “I had rather go down in the glory and grandeur of the storm, than to rot in any orthodox harbor.” Aangepas by my tema kan ek sê: Ek gaan eerder onder in die oop see van Europese beskawing as om my beginsels in die hawe van swart mag te verkwansel. Dit is myns insiens verkieslik om eerder eerbaar as oneerbaar onder te gaan.

Na aanleiding van die verkiesingsoorwinning wat die Moslem-broederskap in Egipte behaal het, skryf Baker: “A christian would never be permitted to lead Egypt” (p 22). In die “nie-rassistiese” nuwe Suid-Afrika word dit sonder meer aanvaar dat geen nie-swarte (hetsy wit, bruin of Asiaat) ooit die staatshoof sal word nie; ook nie die president van die ANC nie. Nuttige idiote van enige etnisiteit word wel in die laer range geduld.

In Egipte: “When the Islamist-controlled parliament rammed through a new constitution … Christians feared for their rights and identity … Christians need to stop seeking favors and support the rule of law by backing a presidential candidate who shares their values” (p 23). Volgens ‘n waarnemer oor Sirië: “If Islamists come to power, Christians are doomed” (p 23). Baker se gevolgtrekking: “Christians may simply not survive the Arab revolutions. Backing tyrants may buy them some time, but many Christian commentators believe that the only way these communities can guarantee their continued presence in the region is by pushing for the rights of others as much as for their own” (p 23). Dit is ook plaaslik ‘n gewilde strategie by wankelmoedige blankes. Dat dit ‘n waarborg (“guarantee”) teen verswelging of uitwissing verskaf, is sekerlik oordrewe, of bloot ‘n uitdrukking van ooroptimisme, of dalk opportunisme.

Naskrif: Die afgelope maande het Praag elke Sondag ‘n teks van my gepubliseer. Weens veranderde omstandighede sal ek voortaan liewer wanneer die geleentheid hom voordoen, dus ongereeld, teks vir publikasie aanbied. Ek bedank Praag en sy lesers graag vir hulle meelewing en ondersteuning.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.