Pastoor moedig lidmate aan om petrol te drink

Deel op

Van gras eet na petrol sluk.

In Maart het past. Lesego Daniel van die Rabboni Centre Ministries in Garankuwa, noord van Pretoria, opslae gemaak toe hy sê sy gemeente moet gras eet.

Nou het hy dit verder gevat en gesê hulle moet petrol drink, nadat hy dit kamma in pynappelsap verander het.

Past. Lesego Daniel moedig sy gemeentelede die keer aan om petrol te drink nadat hy dit in “pynappelsap verander” het, het 702 gister berig.

In die video op YouTube, met ‘n waarskuwing om “dit nie te probeer as jy nie water in wyn kan verander nie”, wys hoe kerkgangers vloeistof uit ‘n bottel drink wat die pastoor beweer petrol is, en soos pynappelsap en Iron Brew proe.

Petrol is hoogs giftig en veroorsaak duiseligheid, erge moegheid, stuiptrekkings en bewusteloosheid – simptome wat sigbaar was by sommige van die mense op die video.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.