Zambiese president in NY-hospitaal

Deel op

Volgens die New Yorkse polisie is president Michael Sata van Zambië Donderdag in ‘n hospitaal in New York opgeneem.

Sata het van Lusaka na New York gevlieg om die jaarlikse VN-byeenkoms van die Algemene Vergadering by te woon. Hy het egter nie sy toespraak Woensdag gelewer nie.

Volgens polisiehoof Kim Royster is hy Donderdag deur dokters van die Amerikaanse staatsdepartement behandel en daarna hospitaal toe geneem. Dis nog nie bekend om watter rede hy behandel word nie.

Die 77-jarige Sata het in 2011 Zambië se vyfde president geword.

Sata was in Junie in Israel om mediese behandeling te ondergaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.