Kommuniste van Namibië steun selfbeskikking

Deel op

Kamerade van Rehoboth,

Die Kommunistiese Party van Namibia doen hiermee ‘n beroep op alle Ideogies-Onderdrukte en Sosiaal/ekonomiese-Uitgebuite Etniese Minderheids-groepe in die Land, om die Rehoboth-Basters se Doelgerigte strewe na Selfbeskikking, Onvoorwaardelik en met Oorgawe nie net te ondersteun nie, maar om dit ook op ‘n Daadwerklike, Vreedsame en Demokratiese-patroon slaafs na te volg en Prakties te verwesenlik, sonder enige verdere Politieke-versuim!

Die Rehoboth Basters, net soos elke ander Etniese Minderheids en Agtergeblewe Groep in Namiba, het histories ‘n Inherende politieke sowel as Onaantasbare Eiendomsreg om hulle Onvervreembare Grondgebiede, Natuurlike hulpbronne en ander Bates met woord en daad Onvoorwaardelik en met Vasberadenheid terug te eis van die Onderdrukkende, Korrupte en Terroristiese Swapo Stam Owambo-Regering wat vir die laaste 24 jaar ons Land in die afgrond dryf … terwyl ons as die regmatige Eienaars van die Grondgebiede en die Natuurlike hulpbronne en ander Bates onder Onmenslike politieke Etniese Owambo Oorheersing, ‘n bestaan as slawe moet voer! Genoeg is Genoeg, se ons die Kommunistiese Party hiermee Onomwonde en sonder Huiwering of Vrees! Kamerade gaan voort en eis terug wat aan julle behoort! Kamerade Jankowsky en Maasdorp, dis is tyd dat julle huiswaarts keer!

Tenslotte, wens ons die Kommunistiese Party die Rehoboth Basters, hulle Kaptein Kameraad John McNab, Kameraad Martin Dentlinger sowel as Kameraad Barney Buys, geluk met hulle jongste suksesse! Ons is baie, baie trots op wat julle Polities besig is om te vermag, Nasionaal sowel as op Internasionale-gebied … Bravo! Weereens gee ons die Kommunistiese Party … onse Onmiddelike en Onvoorwaardelike Steun aan die Rehoboth Baster Volk, wie onder die Standvastige, Doelgerigte en Intellektueele-leierskap van Kaptein John McNab vir die Inherende Eiendoms, sowel as die Onvervreembare Selfbeskikkingsreg van elke Basterkind se Politieke voortbestaan Onverpoosed bly aan Veg!

Voortwaarts met die Stryd vir Sosiaal, Ekonomiese en Politieke-
Geregtigheid en Ware Vrede … Voorwaarts!!

Julle Kameraad!

Attie Beukes,

President / Kommunistiese Party.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.