Waterkrane drup weer

Rand Water is besig met die voortgesette monitering van reservoirs in Gauteng en sê geen waterrantsoenering word tans toegepas nie, het RSG berig.

Rand Water het vroeër gesê twee van sy pompstasies in Pretoria het weer water begin pomp. Die Eikenhof- en Palmiet-pompstasies was sedert verlede Maandag buite werking, na bewering weens vandalisme en kabeldiefstal.

Meer as 25 reservoirs in verskeie dele van die Tshwane Metro het ook drooggeloop, wat duisende inwoners in gebiede wes van Pretoria sonder water gelaat het.

Die Tshwane Metro het gister 17 watertenkwaens ontplooi in die gebiede wat deur watertekorte geraak is.

Intussen het hoogliggende gebiede in die Johannesburg-omgewing, soos Bedfordview en Primrose nog watertekorte omdat die waterdrukking tans nog laag is. Rand Water sê dit sal egter stelselmatig verbeter.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.