Meerderheid in SA wil moedertaalonderrig hê

Deel op

Meer as twee derdes van Suid-Afrika se inwoners verkies moedertaalonderrig. Dié oorweldigende getuienis teen Engelse onderrig blyk uit ‘n meningspeiling van Ipsos-Markinor wat pas bekend gemaak is.

Onderrig in ‘n moedertaal op hoër- en basiese onderwysvlakke verbeter prestasie, het navorsing herhaaldelik bevestig. Dit is veral toepaslik in ‘n meertalige land wat reeds grootliks onderpresteer weens ‘n eentalige aandrang van owerhede.

Dit is dus duidelik dat die regering die verkeerde perd opgesaal het met slegs Engels, gegewe die swak skoolprestasie van leerlinge.

Luidens die Ipsos-Markinor-verklaring heers daar ‘n breë konsensus tussen verskillende taalgroepe oor moedertaalonderwys.

“Meer as twee derdes van alle Suid-Afrikaners is van mening dat hulle kinders die reg het om opgevoed te word in hul eie taal. Daar is ooreenstemmigheid hieroor onder al die onderskeie taalgroepe in die land.

“Die vraag hierna is die grootste onder Engels- en Afrikaanssprekendes, met ander Afrika-tale wat kort hierop volg.”

Die parlementêre portefeuljekomitee oor hoër onderwys, die Potchefstroomse studenteraad en Nehawu meen onderrig by die Noordwes-Universiteit moet alleen in Engels plaasvind en Afrikaans moet slegs getolk word in alle klasse.

Dié oproep is strydig met die internasionaal-erkende reg op moedertaalonderrig, wat tersiêre onderrig insluit. Daarbenewens ontken die oproep die meerderheid van belanghebbendes, naamlik ouers en leerlinge, se voorkeur vir hul eie tale.

In weerwil van kameraad Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, se stelling dat eietalige instellings nie in Suid-Afrika geduld sal word nie, is dit duidelik dat skole, universiteite en ander hoër onderriginstellings die enigste aanvaarbare oplossing vir die land is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.