Poskantoorstaking: Regering moet ingryp

Deel op

Die kommunikasiewerkersvakbond, die CWU het ‘n beroep op die regering gedoen om in te gryp by die Poskantoorstaking. Die vakbond se adjunkpresident, Clyde Mervin sê die Poskantoor is in ‘n krisis, het RSG berig.

Hy het by die vakbond se nasionale kongres in Witrivier in Mpumalanga gesê die afdanking van die senior bestuurslede kan ‘n oplossing wees. Honderde poskantoorwerkers staak sedert verlede maand.

Hulle eis hoër salarisse en dat ‘n einde gemaak word aan wat hulle as uitbuiting bestempel. Aan die begin van die maand is 473 tydelike poskantoorwerkers afgedank wat onwettig gestaak het.

Poskantoorwerkers het ook in Januarie en Februarie gestaak wat tot groot oponthoude met posaflewering gelei het. Arbeidsoptrede by die Poskantoor het reeds vanjaar ‘n verlies van 71 miljoen rand tot gevolg gehad.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.