Dingaan, die held

Deel op

ImageDie aankondiging deur die premier van Kwzulu-Natal, Sbu Ndebele, dat die sluwe massamoordenaar Dingaan deur die ANC gerehabiliteer gaan word, verteenwoordig ʼn berekende klap in die gesig van die Afrikaner.

Deel op
Dingaan beklee dieselfde status in die Afrikanergeskiedenis as Adolf Hitler in die Joodse geskiedenis. Nie net het Dingaan Piet Retief en sy geselskap van tagtig op ʼn geslepe wyse gevange geneem en doodgemartel nie, maar hy het ook 500 mense – hoofsaaklik vroue en kinders – by Bloukrans en Weenen in ʼn massamoord laat uitwis.

Die ANC beskik oor geen morele kompas meer nie en is reeds kop in een mus met Mugabe. Binnekort sal die party seker ook vir Charles Taylor, Idi Amin en Mengistu Haile Miriam, Afrikaleiers wat een en almal die gruweldade van Dingaan geëwenaar of oortref het, tot helde verklaar.

Die Voortrekkers se bedoelings was vreedsaam; vandaar ook die feit dat onskuldige vroue en kinders onverhoeds deur die Zoeloe-impi’s betrap en vermoor is. Tot die lafhartige moord op Piet Retief en sy geselskap plaasgevind het, was daar geen sprake van kwade bedoelings aan die kant van die Voortrekkers nie.

Die situasie van die Natalse Voortrekkers in 1838 toon ooreenkomste met die buitelanders in hedendaagse Suid-Afrika. Hulle was vlugtelinge wat die Britse verdrukking in die Kaap nie langer kon verdra nie, maar het slagoffers van Dingaan se xenofobie geword.

Sbu Ndebele wil met sy verklaring sy volslae minagting vir die Afrikaner en die lewens van Afrikanervroue en –kinders wat deur Dingaan geneem is, oordra.

Die feit dat onskuldige Afrikaanse vroue en kinders vandag weereens soos op 17 Februarie 1838 aangeval en vermoor word, toon dat “hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde”.

Met sy verheerliking van die volksmoordenaar Dingaan, dra Ndebele ook die boodskap oor dat daar hoegenaamd geen gemeenskaplike waardestelsel of siening van die geskiedenis in Suid-Afrika bestaan nie. Dingaan se barbaarse filosofie van "mag wat reg is", is ook die ANC s’n. Daarom gaan die geskiedenis herskryf word om van Dingaan ʼn held te maak en van Piet Retief en sy mede-Voortrekkers naïewe slagoffers wat in hul swakheid en goedgelowigheid ʼn verskriklike dood oor hulself gebring het.

Danksy die xenofobiese houding wat die ANC teenoor die Afrikaner se geskiedenis, taal en kultuur ingeneem het, is daar vandag geen toekoms meer vir ons in Suid-Afrika nie.

Hoe ironies dat die Afrikaner meer as anderhalfeeu ná sy heroïese Groot Trek met al sy ontberinge nog steeds na ʼn vaderland op soek is. In weerwil van die kolossale bydraes wat hy met sy belastings en kundigheid aan Suid-Afrika gemaak het, word hy steeds as vreemdeling gesien waaroor daar telkens ʼn nuwe pogrom afgeroep kan word.

zoom отзывылобановский александр досье

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.