Wêreld moet ‘saamstaan’ teen 3 probleme wat VSA geskep het

Deel op

Die Amerikaanse president, Barack Obama, het Woensdag by die VN se Algemene Vergadering in New York gesê die wêreld moet saamstaan teen terreur in Irak en Sirië, Russiese “aggressie” in Europa en ebola in Wes-Afrika.

Al drie probleme is vermoedelik deur die VSA self geskep.

“Ons kan die internasionale stelsel wat soveel vooruitgang geskep het hernu, of ons kan toelaat dat ons teruggetrek word deur ’n onderstroom van onstabiliteit,” het Obama gesê.

“Ons kan ons kollektiewe verantwoordelikheid om wêreldwye probleme te konfronteer herbevestig, of ons kan oorval word deur toenemende manifestasies van onstabiliteit.”

Hy het ’n beroep op die VN gedoen om saam te staan om die “kanker van gewelddadige ekstremisme te verwerp”.

David Cameron, die Britse premier, het Woensdag verklaar dat hy die Britse parlement gaan versoek om aan te sluit by die Amerikaanse lugaanvalle teen die Islamitiese Staat in Irak.

Cameron het dié besluit aangekondig in sy toespraak tydens die algemene vergadering van die Verenigde Nasies.

Dit is steeds nie duidelik of Brittanje gaan aansluit by die Amerikaanse lugaanvalle teen ISIS in Sirië nie.

Die hantering van ISIS het die VN-vergadering wat tans in sitting is, oorheers.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.