Skroewe stywer om Afrikaans by Potch

Deel op

Die minister van hoër onderwys, die kommunis Blade Nzimande, het raadslede van die Noordwes-universiteit (NWU) beveel om hom in Johannesburg te kom spreek nadat hy die verslag van Leon Wessels se kommissie gelees het.

In die visier is die taalbeleid by die universiteit, wat Afrikaanse lesings aanbied, maar dit plek-plek na Engels tolk. Omdat 73% van die universiteit se studente Afrikaners is, het woordvoerders van die ANC-regering, waaronder Yvonne Phosa, voorsitster van die portefeuljekomitee oor hoër onderwys, dit reeds as ‘n “volkstaat” beskryf.

Die nuwe swart rektor van die NWU, prof. Dan Kgwadi, sê dat hy “uitsien” na die vergadering met Nzimande. Kgwadi het reeds gesê dat Potchefstroom nie vir “een ras of kultuur” bestem moet wees nie.

Die huidige owerheidsbelangstelling in die Potchefstroomkampus spruit uit die veldtog wat die Johannesburgse dagblad Beeld vroeër vanjaar gevoer het, toe hy ‘n foto van ‘n groep meisies tydens ontgroening geneem het wat dit vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde laat lyk asof hulle ‘n “Nazi-saluut” sou gee. Daarna is ‘n sogenaamde “onafhanklike taakspan” onder voorsitterskap van Leon Wessels aangestel wat in Junie ‘n verslag aan Nzimande oorhandig het.

Die voorsitter van die NWU-raad, Peet van der Walt, 54, het egter intussen bedank vanweë ‘n enkelbesering wat hy enkele jare gelede opgedoen het. Van der Walt sê: “Ek voel nie siek nie, ek kan net nie meer so lekker beweeg nie.” Hy het vroeër ‘n brief aan die raad gerig waarin hy skryf dat die universiteit “altyd ‘n spesiale plekkie in sy hart sal hê”.

In die lig van Van der Walt se bedanking sal die ondervoorsitster, Itumeleng Pooe, by vandag se vergadering as voorsitster waarneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.