President Barack Obama van Amerika het sy stem gevoeg by by dié van omgewingsaktiviste. Obama sê die klimaat is besig om vinniger te verander as pogings om aandag aan aardverwarming te gee.
As ‘n staatswetgewer het Obama voorheen gestem om die Kyoto-klimaatsverdrag te veroordeel en die staat te verbied om kweekhuisgasvrystellings te reguleer.
Obama het egter by die VN-beraad gesê Amerika sal sy deel doen maar bygevoeg dat geen land druk sal vryspring nie. Die klimaatsaktivisme is veral teen China en Indië gemik.
Obama sê Amerika sal sy doelwit haal om koolstofbesoedeling binne ses jaar met 17 persent te sny. Hy sê die wêreld kan nie kinders verdoem tot ‘n wêreld wat buite hulle vermoë is om te herstel nie.
Die beraad het ten doel gehad om steun vir ‘n wêreldklimaatsverdrag te kry wat aanstaande jaar gefinaliseer sal word. Omgewingsaktiviste het vroeër gesê die Kyoto-verdrag is onredbaar.
‘n Nuwe klimaatsfonds het glo intussen beloftes van sowat R23 miljard ontvang om die wêreld se armste lande te help om stygende temperature en rampe te bekamp.
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-Moon het die Groen Klimaatsfonds bekend gemaak aan die einde van die VN se beraad oor klimaatsverandering in New York.
Duitsland en Frankryk het elk 10 miljard rand bygedra. Ban sê lande wat die beraad bygewoon het, het onderneem om die uitlating van kweekhuis-gasse teen 2020 te beperk.