Twee Maties ondersoek wat hulself swart geverf het

Deel op

Die Universiteit Stellenbosch het ‘n ondersoek geloods teen twee Maties-studente wat hulself Saterdagaand vir ’n partytjie swart geverf het.

Die voorval het Dinsdag oudergewoonte ‘n storm onder politiek-korrektes veroorsaak.

Twee studente van die Universiteit van Pretoria het hulself vroeër vanjaar swart gesmeer en as twee huisbediendes by ‘n partytjie opgedaag.

Die twee vrouestudente is daarna uit ​hul koshuis geskors.

Die US-studenteraad het in ‘n verklaring ook die voorval ten sterkste afgekeur. Die US-bestuur sal stappe teen die twee oorweeg.

Dié twee studente, Mark Burman en Ross Bartlett, het hul liggame Saterdag swart gesmeer en soos die tennissterre Serena en Venus Williams na ’n 21ste verjaarsdagpartytjie gegaan.

Die universiteit het in ’n verklaring bevestig dat die twee betrokkenes wel Maties-studente is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.